SA Tweekamp het op ‘n geskiedkundige Spesiale Jaarvergadering op Woensdag 8 September 2021 waar al die provinsies en die volle SA Bestuur teenwoordig was, ingrypende besluite geneem om tweekamp in Suid-Afrika by die eise van die vining-veranderde omstandighede aan te pas. Hierdie veranderinge sal alreeds die komende seisoen in werking tree, toegegee die Covid-inperkingsomstandighede! Dit behels in kort dat daar groter samewerkings met SA Vyfkamp gaan wees. Dit gaan behels dat ons tweekampers ‘n “mind shift” sal moet maak om daarby aan te pas. Hierdie aanpassings het egter onder andere tot voordeel dat

  • Internasionale deelname moontlik gaan word
  • Byeenkomste se tydsaspek van aanbieding heelwat korter gaan wees
  • Heelwat meer aktiewe atlete betrek kan word
  • Ouderdomsgroeperinge nou aanpas by atletiek s’n. [word bepaal deur ouderdom op 1 Januarie]

EDEN Tweekamp het ‘n opname onder sy atlete en bestuurlede gedoen en 77% het aangedui dat hulle ten gunste van die verkorte afstande is. Die nuwe afstande gaan as volg wees:

                       SEUNS/MANS                DOGTERS/DAMES

                    BAAN         SWEM           BAAN          SWEM

0/8                400               25                 400               25

0/9                400               50                 400               50

0/11              400               50                 400               50

0/13              800               50                 800               50

0/15              800               100               800               100

0/17              800               100               800               100

0/19              800               100               800               100

JUNIORS     800               100               800               100  [19 – 21]

SENIORS     800               100               800               100  [22 – 39]

M40+            800               100               800               100  [40 – 49]

M50+            800               100               800               100  [50 – 59]

M60+            400               50                 400               50    [60 – 69]

M70+            400               50                 400               50    [70 +]

SN                400               50                 400               50    [Spesiale Behoefte Atlete]        

BELANGRIKE INLIGTING:

  • Die balans-gewig tussen swem en hardloop word bepaal
  • Met die aanvang van die seisoen in September alreeds neem atlete deel in die volgende jaar se ouderdomsgroep [en afstande]
  • Byeenkomste [Interprovinsiaal & Nasionaal] word meer hanteerbaar
  • Die seisoen gaan nou moontlik deur die jaar strek [ deelname aan Biathle, Laser-run, ens, onder SA Vyfkampvaandel]
  • Die nuwe tabelle sal nou opgestel word en gou aan provinsies beskikbaar gestel word
  • Alle administrasie in EDEN bly egter soos voorheen in ag genome die aanpassings
  • Wees asseblief geduldig met die infassering van die nuwe stelsel – daar mag haakplekke voorkom!

 

SA Tweekamp het EDEN Tweekamp versoek om die eerste SA Kampioenskappe in die formaat in Maart/April 2022 op Oudtshoorn aan te bied!

EDEN TWEEKAMPBESTUUR is vol vertroue dat dit in die oorgang goed sal gaan – met al ons atlete, ouers, skole en klubs se ondersteuning……..