Die 47ste SA Kampioenskappe is op 29/30 Maart in Bloemfontein afgehandel. 967 atlete van 14 provinsies het in ideale weer aan ‘n goed georganiseerde byeenkoms deelgeneem. Eden is deur ‘n span van 87 verteenwoordig. Eden spog met 7 medaljes, ‘n 3de plek in die junior afdeling (na WP & BOL!), 6de plek in die senior afdeling en algeheel ‘n 5de plek na WP, GN, SVS en GW. In die hoërskole afdeling verower HS Outeniqua die silwer medalje met HLS Oakdale 12de (uit 88 skole!). In die laerskole afdeling is LS George- Suid 4de en LS Outeniqua 16de (uit 100 skole).

Die medalje wenners is

• D/9 Misha Meyer silwer
• D/15 Annabelle Grutter silwer
• MM 40+ Marsel Roos brons
• MM 50+ Gavin Gericke brons
• MM 70+ Johan Windt silwer.

Nie minder nie as 15 Eden-atlete eindig onder die top 10 in hulle ouderdomsgroepe – voorwaar ‘n prestasie. Hulle is

S/9 Lian Hattingh [5]
S/11 Judah Spies [5]
Daniel van Wyngaard [7]
Ben Bond [10]
D/13 Keyla Douglas [6]
Alexa Stahmer [10]
S/13 Pierre Spies [9]
S/15 Johannes Brink [10]
D/17 Marilie Duvenhage [9]
Yedidah Theron [10]
Sen Dames Leane Labuschagne [4]
Melissa Meyer [6]
Sen Mans Josua Vorster [6]
Meester Mans 40+ Jeandre Swanepoel [5]
Meester Mans 50+ Herman Spangenberg [7]

‘n Oorkonde is ook deur SA Tweekamp aan Johan Keller van Highgate se familie oorhandig vir sy bydrae tot tweekamp in SA. Die SA Kampioenskappe vir 2025 en 2026 is aan Eden en Oudtshoorn toegeken. Terseldertyd is SA Bestuurskleure aan Stephnie McKay, Eden Tweekamp voorsitter, oorhandig.

HS Outeniqua se skoolspan

HS Outeniqua se skoolspan

Archie Markgraaf [voorsitter Suid-Vrystaat] oorhandig die seremoniële vlag aan Dave van der Walt [Eden] vir die 2025 SA Kampioenskappe op Oudtshoorn

Archie Markgraaf [voorsitter Suid-Vrystaat] oorhandig die seremoniële vlag aan Dave van der Walt [Eden] vir die 2025 SA Kampioenskappe op Oudtshoorn.

Eden span

Eden span

Eden - Johan Windt - Herman Spangenberg

Twee van Eden se jarelange staatmakers, Johan Windt en Herman Spangenberg

Eden span - Marilie Duvenhage - Icke v d Merwe - spankapteins

Eden span word in die optog gelei deur Marilie Duvenhage en Icke v d Merwe, spankapteins

Misha Meyer - medaljewenner

Misha Meyer, medaljewenner

Johan Windt - medaljewenner

Johan Windt, medaljewenner

Gavin Gereicke - medaljewenner

Gavin Gereicke, medaljewenner

Dave van der Walt - Gerhard Louwrens - Johan Keller Oorkonde - Francois v d Merwe - neef van Johan Keller van Highgate

Dave van der Walt en Gerhard Louwrens oorhandig die Johan Keller Oorkonde aan Francois v d Merwe, neef van Johan Keller van Highgate

Misha Meyer - silwer medalje

Misha Meyer [links] ontvang haar silwer medalje

Marsel Roos [links] - brons medalje

Marsel Roos [links] ontvang sy brons medalje

Johan Windt [tweede regs] - silwer medalje

 Johan Windt [tweede regs] ontvang sy silwer medalje