HIGHGATE INTER REUSE SUKSES….
Die organiseerders van die 30e DCAS / GROTER OUDTSHOORN / HIGHGATE Inter het heelwat komplimente met die aanbieding van hierdie prestige geleentheid gekry. 435 atlete van 7 provinsies het deelgeneem in feestelik-omskepte venues. EDEN spog nie met minder as 14 medaljewenners nie. Boonop is Benjamin Bond as Junior Victor Ludorem aangewys en Outeniqua HS het die goue medalje in die Hoërskole en George-Suid LS silwer medalje in die Laerskole kompetisie verower! Die medaljewenners was:
0/8 S Brons – Rudolf Smith
0/9 D Goud – Annabel van der Merwe
0/9 S Goud- Benjamin Bond
0/11 S Brons – Caleb Coates
0/13 D Silwer – Arabelle Grutter
0/13 S Brons – Johannes Brink
0/19 D Silwer – Petro Marais
Jnr Mans Silwer – Hendrik Visser
Meesters 40+ D – Silwer Esrie Bezuidenhout
Meesters 60+ M – Goud Johan Windt
Meesters 70+ D – Goud Marilyn Orrie
Meesters 70+ M – Silwer Mike McDonald
Die volgende atlete is aangewys as die Ludorem atlete van die byeenkoms:
Junior Victor Benjamin Bond Eden
Junior Victrix Simone v d Merwe WP
Senior Victor Garith Haarhoff BOL
Senior Victrix Ilse Beukman BOL
In die spankompetisie het Boland vanjaar die bordjies verhang en WP in die tweede plek ingedruk met Eden in die derde plek gevolg deur OP, GW, Grens en SFS. Die SA Kampioenskappe is vanjaar op 1 & 2 April 2022 in Port Elizabeth
FOTOS:
1855 Johan Windt
1863 Hendrik Visser
1973 Regs, Benjamin Bond, Junior Victor Ludorem
1814 Eden Tweekampspan