General Info 2021

COVID BEROOF OUDTSHOORN VAN TWEEDE SA TWEEKAMPKAMPIOENSKAPPE

Die SA Tweekampbestuur het Dinsdagaand 5 Januarie 2021 na breedvoerige konsultasie, aangekondig dat die SA Tweekampkampioenskappe wat geskeduleer was vir Oudtshoorn op 2/3 April 2021, weer gekanselleer is. [sien aangehegte brief]. Dit is weer eens ‘n geweldige terugslag vir sport in die gebied maar erger nog – ‘n groot ekonomiese terugslag wat miljoene rande kon bydrae tot die alreeds sukkelende ekonomie van Oudtshoorn.  Die aankondiging, kort op die hakke van die uitstel van die KKNK, is allermins bemoedigend.  Volgens Dave van der Walt, die Operasionele Bestuurder van Eden Tweekamp en ook die voorsitter van die SA2021 Reëlingskomitee, was meer as 90% van die kampioenskappe se organisasie  alreeds in plek. Dis die tweede keer in net 2 jaar dat dié byeenkoms afgestel moet word. Volgens SA Tweekamp word die veiligheid van die atlete en beamptes eerste gestel en kan daar nie kanse geneem word nie. Volgens Dave van der Walt “voel dit vir hom soos om ‘n geliefde vir die tweede keer te begrawe”…….hartseer!

Volgens hom is dit nie net die akkommodasie- en restaurantewese wat hieronder gaan lei nie – alle besighede word hierdeur geaffekteer – van brandstofvoorsienner, toeriste aantreklikhede tot by die stalletjiehouers ! 

EDEN Tweekamp spreek graag sy innige spyt uit oor die aankondiging maar ondersteun die aankondiging. Covid het weer eens toegeslaan……….en die stryd gewen!

Sien gerus verder inligting in die aangehegte brief van SA Tweekamp.

2021 01 SA Biathlon Letter to Provinces – SA Biathlon Championships FIN

General Info 2020

Notice

SA Championships in Oudtshoorn 2-3 April 2021 ,Oudtshoorn.  2022 – Griquas, Kimberley

Invitations