Media Releases

TWEEKAMP BETREË NUWE ERA!

SA Tweekamp het op ‘n geskiedkundige Spesiale Jaarvergadering op Woensdag 8 September 2021 waar al die provinsies en die volle SA Bestuur teenwoordig was, ingrypende besluite geneem om tweekamp in Suid-Afrika by die eise van die vining-veranderde omstandighede aan te pas. Hierdie veranderinge sal alreeds die komende seisoen in werking tree, toegegee die Covid-inperkingsomstandighede! Dit behels in kort dat daar groter samewerkings met SA Vyfkamp gaan wees. Dit gaan behels dat ons tweekampers ‘n “mind shift” sal moet maak om daarby aan te pas. Hierdie aanpassings het egter onder andere tot voordeel dat

  • Internasionale deelname moontlik gaan word
  • Byeenkomste se tydsaspek van aanbieding heelwat korter gaan wees
  • Heelwat meer aktiewe atlete betrek kan word
  • Ouderdomsgroeperinge nou aanpas by atletiek s’n. [word bepaal deur ouderdom op 1 Januarie]

EDEN Tweekamp het ‘n opname onder sy atlete en bestuurlede gedoen en 77% het aangedui dat hulle ten gunste van die verkorte afstande is. Die nuwe afstande gaan as volg wees:

                       SEUNS/MANS                DOGTERS/DAMES

                    BAAN         SWEM           BAAN          SWEM

0/8                400               25                 400               25

0/9                400               50                 400               50

0/11              400               50                 400               50

0/13              800               50                 800               50

0/15              800               100               800               100

0/17              800               100               800               100

0/19              800               100               800               100

JUNIORS     800               100               800               100  [19 – 21]

SENIORS     800               100               800               100  [22 – 39]

M40+            800               100               800               100  [40 – 49]

M50+            800               100               800               100  [50 – 59]

M60+            400               50                 400               50    [60 – 69]

M70+            400               50                 400               50    [70 +]

SN                400               50                 400               50    [Spesiale Behoefte Atlete]        

BELANGRIKE INLIGTING:

  • Die balans-gewig tussen swem en hardloop word bepaal
  • Met die aanvang van die seisoen in September alreeds neem atlete deel in die volgende jaar se ouderdomsgroep [en afstande]
  • Byeenkomste [Interprovinsiaal & Nasionaal] word meer hanteerbaar
  • Die seisoen gaan nou moontlik deur die jaar strek [ deelname aan Biathle, Laser-run, ens, onder SA Vyfkampvaandel]
  • Die nuwe tabelle sal nou opgestel word en gou aan provinsies beskikbaar gestel word
  • Alle administrasie in EDEN bly egter soos voorheen in ag genome die aanpassings
  • Wees asseblief geduldig met die infassering van die nuwe stelsel – daar mag haakplekke voorkom!

 

SA Tweekamp het EDEN Tweekamp versoek om die eerste SA Kampioenskappe in die formaat in Maart/April 2022 op Oudtshoorn aan te bied!

EDEN TWEEKAMPBESTUUR is vol vertroue dat dit in die oorgang goed sal gaan – met al ons atlete, ouers, skole en klubs se ondersteuning……..

 

GROOT EERBEWYS AAN YVONNE

Yvonne McKay kom al sedert 1992 saam met SWD [EDEN] Tweekamp en het ‘n onuitwisbare bydrae, nie net tot die administrasie nie, maar ook die algemene uitbou van Tweekamp in hierdie gebied, gelaat.  Vir 15 jaar lank was sy die sekretaris-tesourier en toe die poste geskei het, het sy die tesourierskap oorgeneem en doen dit tans nog.  Oor al die jare heen het EDEN Tweekamp nog nooit iets anders as ‘n skoon oudit gekry nie – voorwaar ‘n unieke prestasie!

Ook op die gebied van spanbestuur het sy al ‘n instelling geword en mentor sy tans ook ons jonger geslag spanbestuurders. In die dae toe dit nog maar finansieel broekskeur gegaan het, het sy ook ingestaan as “moeder” en die span se kosvoorbereiding hanteer.  Niks wat ooit te veel vir haar nie en bied sy nogsteeds haar hulp aan – sy het ook op die Reëlingskomitee van SA2020 & 21 gedien. En dit het sy in SA2001, SA2013 gedoen en oor baie jare ook die Highgate Interprovinsaal help reël.

Dan was sy ook nog beampte, trooster, versorger en slaansak vir baie ouers se grimmigheid en soms blatante onbeskofheid – dit het sy met waardigheid hanteer.  Al haar kinders [en ook man] het sy betrokke gekry by Tweekamp en dra van hulle nou nog die Eden Tweekampvaandel.

Tydens die afgelope SA Tweekamp se AJV is die hoogste toekenning, die Honoris Causa, aan haar toegeken.  Eden Tweekamp asook die Tweekamp-gemeenskap van Oudtshoorn en Eden is baie trots op haar!  Baie geluk!

KNYSNA DEVELOPMENT CLINIC 19 APRIL 2021

Die EDEN Tweekampfederasie in samewerking met die Weskaapse Departement van Kultuursake & Sport, het op Maandagmiddag 19 April 2021 ‘n ontwikkelingskliniek vir jonger atlete op Knysna aangebied. Dit was gratis vir alle belangstellendes [ook afrigters/onderwysers/ouers] en daar was ligte verversingspakkies aan alle deelnemers voorsien.  Streng Covid protokols het egter gegeld en uit die aard van die bestaande Covid protokols kon net ‘n beperkte getal deelnemers geakkommodeer word. Inskrywings moes egter vooraf gedoen word. Van die land se top afrigters, Carla Coetzee [swem] en Johan Windt [hardloop] was daar om die atlete te help en touwys te maak.  Dit het ongeveer 2 ure geduur.  Uitnodigings is aan alle skole/klubs in die Knysna-omgewing gestuur [sien aangehegte epos-afskrif] Alhoewel dit die begin van die terugkeer was, het die volgende faktore moontlik ‘n rol gespeel:

  1. die feit dat dit aan die einde van die seisoen was
  2. dat die wintersportkodes reeds in volle swang was
  3. finansies met Vervoer van atlete na Knysna

Die organiseerders is egter tevrede met die opkoms [51] en het heelwat positiewe terugvoering gekry.

BESONDERHEDE:

  • Datum:  Maandag 19 April 2021
  • Tyd:  14:00 – 16:00
  • Venue: LS Knysna Aqua Sentrum
  • Organiseerder:  Dave van der Walt  [082-7734 901]
  • Plaaslike organiseerder:  Abbigail McKay

MEDIA

Eden Tweekamp het die 2020/21 seisoen afgesluit met die DCAS Ontwikkelingskliniek wat op Do 19 April by LS Knysna op Knysna aangebied is. 51 deelnemers [atlete, onderwysers, afrigters & ouers] het onder die hande van Carla Coetzee (swem) en Johan Windt (hardloop) nuwe vaardighede aangeleer. Daniel Rossouw (LS Knysna) en Lente Rademan (LS Knysna) het aansporingspryse ontvang wat deur Stephnie McKay [voorsitter] oorhandig is. Stephnie McKay (voorsitter) en Dave van der Walt (operasionele Bestuurder) het hulle tevredenheid uitgespreek tenspyte van die Covid beperkings.

 

HIGHGATE EDEN BIATHLON CHAMPIONSHIPS 2021

After more than two years, Eden Biathlon staged its first championship in Oudtshoorn on Tuesday 6 April. Although the Covid protocols inhibitated the event to a certain extend (no medal ceremony and spectators), more than 120 athletes competed in good weather. Some thrill was taken out of the championships  without a medal parade, but at least our sport code was in business again! The results will be made available asap and the medals will be forwarded to the relevant clubs/schools to be presented to the medalists.

Watch our website for the good news…….

Many thanks to all who made our short biathlon season possible:

  • the management
  • the officials
  • the athletes, clubs and schools
  • the sponsors
  • the venue-keepers, Aubrey (track) and Willem (pool) • the supporting parents • DCAS
Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab
Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [383.65 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [99.70 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [364.29 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [541.61 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [99.59 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [345.17 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [96.79 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [101.40 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [101.57 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [99.79 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [98.38 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [97.85 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [99.40 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [96.36 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [98.46 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [97.58 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [715.37 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [101.50 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [122.65 KB]

Loader Loading...
EAD Logo Taking too long?
Reload Reload document
| Open Open in new tab

Download [102.00 KB]