AAN:   ALLE SA BESTUURSLEDE
     PROVINSIALE VOORSITTERS

Oktober was ‘n baie besige maand op die Tweekampterrein vir my persoonlik. Op elke Saterdag het ek Tweekamp gehou en op twee Sondae was ek betrokke by Biathlo. Ek het alles baie geniet.

The first Interprovincial meeting of the season was held in Bloemfontein op 4 October. The next day we did Biathlo. Southern Free State won the Biathlon team competition. Other provinces present there were Griqualand West, Eastern Province, North West Cape and a couple of athletes from Gauteng North. About 200 athletes took part. Thanks to Archie and his Committee for everything they have put into the meeting.

Op Saterdag 18 Oktober het ons Tweekamp in Kimberley gehou. Die gasheerprovinsie het die spankompetisie oortuigend gewen. Ook teenwoordig daar was atlete van Suid-Vrystaat, Oostelike Provinsie en Noordwes Kaap. ‘n Paar uitstaande individuele vertonings is gelewer. Die gasvryheid van die tuisprovinsie was opvallend. ‘n Gesellige skemerkelkpartytjie by ‘n uitsoek gastehuis is die Vrydagaand aangebied. Verskeie borge wat gewerf is deur Rassie Erasmus en sy komitee het dit ook bygewoon. Saterdagaand na afloop van die suksesvolle Tweekampbyeenkoms is ‘n spitbraai gehou waarheen alle atlete en ondersteuners genooi is. Dit was ‘n skitterende aand. Baie dankie aan Rassie en sy komitee vir al die moeite wat hulle gedoen het. Hulle begin reeds voelers uitsteek om ‘n SA Kampioenskap in Kimberley aan te bied. Die fasiliteite wat hulle het is uitstekend. Rassie was in beheer van die reëlings vir die byeenkoms ten spyte van die feit dat hy ernstig siek was. Die Sondag na die byeenkoms is Rassie opgeneem in ‘n hospitaal in Bloemfontein waar daar uiteindelik ‚n operasie op hom uitgevoer is om ‘n deel van sy long te verwyder. Hy het ‘n hele paar dae in Hoësorgeenheid deurgebring. Gelukkig het toetse aangetoon dat daar geen kwaadaardigheid in die long was nie. Rassie het aan my genoem dat sy ?briekmerke in die Poorte gelê het”. Ons is bly alles het goed afgeloop en ons bid vir Rassie ‘n spoedige en algehele herstel toe.

We also held Biathlon and Biathlo in Port Elizabeth over the weekend of 25 to 26 October. Athletes from Border, Southern Free State, South Western Districts and Western Province competed against the home province Eastern Province which eventually quite comfortably won the team competition. Home ground advantage played a big role. We also had a very pleasant cocktail function on the Friday evening at the registration proceedings. Because of the very rough sea conditions at Happy Valley on Sunday we had to move our Biathlo competition to Collegiate High School. They have excellent facilities there and everybody enjoyed doing Biathlo there. More than 300 biathletes took part over the weekend.

Die Uitvoerende Bestuur van die Vereniging het die gebruiklike vergadering (verpligtend volgens die Grondwet) op Saterdag 25 Oktober in Port Elizabeth gehou. Ses van die sewe lede was teenwoordig. Wikus Weber het verskoning aangeteken. Op die vergadering is aandag gegee aan ontwikkelingseise wat met lottobefondsing betaal is en daar is besluit dat provinsies aangemoedig moet word om eise vir ontwikkelingsatlete en beamptes via Dave van der Walt in te dien. Provinsies word ook aangemoedig om die webtuiste te besoek en om inligting rakende Tweekamp in hulle provinsies via Johan Hurter op die webwerf te plaas. Tydens die vergadering is ook kennis geneem van die feit dat daar nog klein probleme met die rekenaarprogram wat deur SA Tweekamp aangekoop is bestaan. Herman Ohlhoff en Gert Jordaan het groot insette gelewer om die program 100% te laat funktioneer. Die huidige program se weergawe is 1.6.13. Kennis is ook tydens die vergadering geneem van ‘n skrywe en navrae wat gerig is deur Len Symington, voorsitter van Boland Tweekamp, omtrent die SA Kampioenskappe wat die naweek van 4 April 2009 in Paarl aangebied gaan word. Volgens die inligting wat vanaf Len verkry is blyk dit dat sy reëlings vlot verloop. Daar is besluit om aan te beveel dat Boland Tweekamp ‘n vergadering hou met Blackie Swart en Deon Velthuysen om uit hulle ondervinding van SA Kampioenskappe kennis te put. Die vergadering het kennis geneem van gerugte dat die SA Kampioenskappe ‘n week geskuif gaan word om op Paasnaweek te val. Daar is geen waarheid in sulke gerugte nie. Die SA Kampioenskappe vind plaas op die naweek van 4-5 April soos daar besluit is op die vorige Algemene Jaarvergadering. Verdere korrespondensie omtrent die SA Kampioenskappe sal mettertyd deur Len Symington aan die provinsies gestuur word.

I have in the meantime received reports about Annual General Meetings held in Southern Free State and South Western District. Archie Markgraaff was re-elected Chairman of Southern Free State with René Odendaal re-elected as his Secretary. Dave van der Walt was re-elected as Chairman in South Western Districts with Marionette Hattingh as his Secretary. Congratulations to these persons. From what I have seen in their reports no other inference can be drawn that all is well with the administration and practice of Biathlon in their provinces. I have verbally been informed by Dawie Smit that he is again in charge of Biathlon in North West Cape. Congratulations to Dawie. The previous Chairman, Thinus Burger remains involved with Biathlon. North West Cape’s new Secretary is Caren van Niekerk. Congratulations to her. I have also in the meantime been informed that the new Secretary of Central Gauteng Biathlon is Monine Smith. Congratulations to her too. I am looking forward to hearing from the other provinces.

Biathlon regards

__________________
CHRIS JANSEN
PRESIDENT