AAN: ALLE SA BESTUURSLEDE
PROVINSIALE VOORSITTERS

Die tyd vlieg. Die jaar is reeds verby. Ons almal sal die jaar om verskillende redes onthou. Daar was hoogtepunte en daar was laagtepunte. Sommige van ons het voorspoed beleef en ander teëspoed. Daar was baie vreugde maar daar was ook ongelukkig hartseer en teleurstellings. Ons moet probeer om net die goeie te behou en saam met ons die nuwe jaar in te neem. Wanneer ’n mens kyk na die jaar wat so vinnig verby gevlieg het dan besef ’n mens hoe kort die lewe is dan moet ’n mens die beste van elke dag van jou lewe maak.

Ek het min nuus. Vanuit Kroonstad se wêreld het ek inligting ontvang dat Tewie van der Westhuizen weereens verkies is as voorsitter van Noord Vrystaat Tweekamp. Ondervoorsitter is Hendrik Taylor met Daleen van der Westhuizen wat die gekombineerde pos van sekretaresse/tesourier het. Geluk aan die nuwe Bestuur.

Adri Blignaut, voorheen sekretaresse van Noordwes Provinsie Tweekamp is gekies as die nuwe voorsitter in die plek van wyle Tom Bothma. Gerda Bothma neem by Adri oor as sekretaresse. Met die twee bekwame dames in beheer glo ek dit sal goed gaan met Tweekamp in die Provinsie. Baie sterkte aan julle twee en aan die res van die komiteelede.

Aan al die Provinsies wens ek ’n goeie Tweekampseisoen vir 2009 toe. Ek hoop jul voorbereidings vir die SA Kampioenskappe verloop goed. ’n Spesiale woord van bemoediging aan Len Symington en sy komitee wat die SA’s gaan aanbied.

Ek wens almal ’n baie Geseënde Kersfees toe. Ook voorspoed op alle gebiede vir die Nuwe Jaar.

Tweekamp groete

__________________
CHRIS JANSEN
PRESIDENT