Die afgelope Dinsdag [19 Jan] het 30 spanne ingeskryf vir die ontwikkelingsbyeenkoms wat jaarliks deur SWD Tweekamp aangebied word in vennootskap met die Weskaapse Departement van Kultuursake & Sport [DCAS]. Die prinsiep dat ‘n erkende tweekamatleet ‘n nie-tweekamper kry om een van die bene [swem of hardloop] te doen, ontwikkel beslis die sport. Die byeenkoms het vanjaar twee wenspanne opgelewer – elkeen met presies 2275 punte! Die Mosselbaaise span van Johan Windt en Danelle Gerber en die Oudtshoorn span van Bianca le Grange en Francois Maquasa het die louere gedeel met die George span van Lukas du Preez en sy dogter, Lurinda in die derde plek met 2220 punte!

Volgende Dinsdag [26 Jan] vind die SWD Proewebyeenkoms op Oudtshoorn plaas vir die kies van die SWD-spanne [meriete, B- en Ontwikkeling] wat aan die HIGHGATE/DCAS/GROTER OUDTSHOORN INTERPROVINSIALE BYEENKOMS op 6 Februarie 2016 gaan deelneem.