SWD TWEEKAMP MINI-SPAN BRING 9 MEDLAJES TERUG
‘n Klein HIGHGATE SWD Tweekampspan bestaande uit 14 atlete het vir die eerste keer aan die VRYSTAAT INTERPROVINSIALE TWEEKAMPBYEENKOMS gaan deelneem. Dit is op 3 & 4 Okt 2015 in Bloemfontein op die puik sportterrein van Kovsies aangebied en VS, OP, SWD, Griekwas, Noordwes en Grens het deelgeneem. Die SA Kampioenskappe vind ook volgende jaar in Bloemfontein plaas en dit het aan die SWD-atlete ‘n kans gegee om die omstandighede kennis te maak. Sondag is ook ‘n Biathlo-byeenkoms aangebied waar van die SWD-atlete deelgeneem het.
Die medaljewenners was as volg:
S/15 LUCA POTGIETER GOUD
D/13 TRISHA POLICUTTE GOUD
SEN D STEPHNIE McKAY SILWER
SEN D ABIGAIL McKAY BRONS
S/17 ANDRE KLEYNHANS BRONS
D/15 KRISTIN BARBOUR BRONS
BIATHLON
S/17 ANDRE KLEYNHANS GOUD
S/15 HENDRIK VISSER SILWER
S/13 DE WIT BOTMA BRONS
Die SWD Tweekampseisoen begin volgende week in alle erns met die AJV en Proewebyeenkoms op 13 Okt 2015 op Oudtshoorn en die OP Interprovinsiaal op 24 Okt 2015 in Port Elizabeth. Vir enige inligting kan Dave van der Walt [082-7734901] gekontak word.