SWD PUIK OP OP INTERPROVINSIAAL 2014
SWD TWEEKAMP PUIK IN PORT ELIZABETH
Die afgelope Saterdag het die SWD Tweekampspan aan die OP Interprovinsiale Byeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem. Die hardloopkomponent is op die Westbourne Oval afgehandel terwyl die swem in die nuut-oorgedoende Newton Park swembad geskied het – die eerste byeenkoms weer in 18 maande in hierdie swembad! Die ander provinsies wat deelgeneem het was Grens, OP en Vrystaat. Die span kompetisie is deur OP gewen met SWD in die tweede plek gevolg deur Grens en dan Vrystaat.
Die SWD span het met 12 medaljes teruggekeer – 5 goud, 6 silwer en 1 brons! Daarbenewens het nog 5 atlete onder die top 5 in hulle ouderdomsgroepe geeindig. Seker die mees uitstaande oomblik van die byeenkoms was Reinhard Haupt se skitterende tyd van 57,80 in die 100m swemitem – dit nadat hy eers die 2000m hardloop afgehandel het!
Die medaljewenners was:
D/9 | Lia Kotze | Goud | 2021 |
S/9 | Luca Potgieter | Goud | 2082 |
D/13 | Trisha Policutte | Goud | 2260 |
D/13 | Kirsten Barbour | Silwer | 2241 |
S/13 | Eugene v d Merwe | Goud | 2277 |
S/13 | Gustav Schlechter | Silwer | 2129 |
S/15 | André Kleyhans | Silwer | 2125 |
D/17 | Yvonne du Plessis | Silwer | 2188 |
S/17 | Reinhard Haupt | Goud | 2217 |
S/19 | Dylan van Wyk | Silwer | 2197 |
Dames Ope | Stephnie McKay | Goud | 1838 |
Mans Ope | Francois Maquassa | Silwer | 1807 |
Vir enige navrae kontak asb vir Dave van der Walt by 082-7734901.