Die afgelope Saterdag het die EDEN Tweekampspan aan die OP Interprovinsiale Byeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem.  Die hardloopkomponent is op die Westbourne Oval afgehandel terwyl die swem in die puik Newton Park swembad geskied het – in heerlike weersomstandighede!  Die ander provinsies wat deelgeneem het was Grens, OP, Griekwas  en Vrystaat.  Die spa kompetisie is deur OP gewen met EDEN in die tweede plek gevolg deur Grens en dan Vrystaat.  EDEN  moes egter sonder baie van hulle potensiële medaljewenners klaarkom!  Johan Windt [in Agrentinia], Chris van Wyk [moontlik oorsee] en die Schlechter-gesin [WK swemkampioenskappe] . Die 43 grootte span het baie goed gevaar en 8 medaljes huistoe gebring! Denise de Jongh is aangewys asn die Senior Victrix Ludorem terwyl Matthew van Coller se tyd ‘n nuwe SA rekord is vir die S/15.  Dit moet egter nog deur SA Tweekamp bekragtig word!  In ‘n paar ouderdomsgroepe was daar afstand-aanpassings in die hardloop S/15, S/17, S/19 en Senior Mans se afstande het nou almal verander na 1600m.

Die EDEN span het met 8 medaljes teruggekeer – 4 goud, 3 silwer en 1 brons!  Daarbenewens het nog ‘n paar atlete onder die top 5 in hulle ouderdomsgroepe geeindig. 

Die medaljewenners was:

GOUD

S/15                       Matthew van Coller        [SA Rek]

D/19                      Anlize Vermeulen           

VET MANS          Walterl Lutch

VET DAMES        Denise De Jongh

SILWER

D/8                         Emma Loubser

D/9                         Nina de Jongh

S/9                         Ryan Nagel

BRONS

S/19                       Reynard Jansen van Rensburg