Die 26e Interprovinsiale byeenkoms vind op 4 Februarie 2017 plaas wanneer die tradisionele DCAS/GROTER OUDTSHOORN/HIGHGATE Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn aangebied word. HISENSE is tree ook op as die ‘n produkborg vir die byeenkoms! Sover bekend, is daar nie nog ‘n byeenkoms met so ‘n lang onafgebroke geskiedenis van aanbieding in die SWD nie! Op hierdie dag spook 7 provinsies [WP, BOL, SWD, OP, Vrystaat, Grens & Griekwas] dit weer uit in die hitte van die Klein Karoo! Vanjaar is daar ‘n rekord getal inskrywings – by die 537. Dit dui op ‘n 35% groei sedert verlede jaar!

 Vanjaar is daar ‘n paar aanpassings wat van SA Tweekamp wat ingebring is – daar is nou ‘n 0/8 ouderdomsgroep [swem-25m; hardloop 400m] asook ‘n skole-kategorie waar van die top skole soos HS Outeniqua, HLS Oakdale, LS Glenwood, LS George-Suid en LS Wesbank [SWD], HS Hugenote, HS Curro Langebaan, HS Olifantvallei – Citrusdal, Laer Meisieskool Paarl [BOL], HS Stellenberg, HS Jan van Riebeeck, LS Durbanville, LS De Hoop en LS Jan van Riebeeck [WP]. Die wenners in beide afdelings gaan met die HISENSE Wisseltrofee wegstap!

Van die bekendes in die sportwêreld wat hulle teenwoordigheid aangedui het, is die Weskaapse Minister van Sport, Anroux Marais, Blackie Swart [President: SA Tweekamp], Raadsheer Conal Sylvester [Burgemeester, Groter Oudtshoorn], Regter Chris Jansen [SA Tweekamp Ere-President], Archie Markgraaff [SA Tweekamp – Erelid], Desmond Speelman [Voorsitter Eden Sportraad], Johan Keller [HIGHGATE], HISENSE se Tony Shi, SA Tweekamp-bestuurslede [ Len Symington, Gerhard Louwrens] en provinsiale voorsitters.

Van Suid-Afrika se top tweekampatlete het ingeskryf – Mike Forbes [Grens], Johan Windt, Chris van Wyk, Tanya Osborne, Bernard Zaayman, Bianca le Grange, Herman Spangenberg, Maruis-Hugo en Gustav Schlechter [SWD], Dawid Kriel, Beurick Kayser, Retief Ochse, Deon Velthuysen, Aimee Scott, Christi Noades, Kelly Vroon, Esrie Loock-Bezuidenhout, Marille Bass [WP], Ilse Beukman, Liezel Wessels, Jannie Briers-Louw, Daniel Malan [BOL].

Provinsies gebruik graag hierdie byeenkoms om aan hulle spanne vir die SA Kampioenskappe wat vanjaar 8 April in die Paarl plaasvind, te skaaf. HIGHGATE VOLSTRUISVERTOONPLAAS [ankerborg van SWD Tweekamp], HISENSE [pryse van dusiende rande!] en Kangogrotte, bied weer spesiale aansporingpryse aan vir alle wenners. Die ander groot borge is die Wes-Kaap Departement van Kultuursake & Sport [DCAS], Oudtshoorn FORD en Groter Oudtshoorn Munisipaliteit.

Dit maak dit naas die SA Kampioenskappe die grootste tweekampbyeenkoms in Suid-Afrika. Die spankompetisie gaan vanjaar groot uitdagings van WP, Boland en OP vereis. Elke provinsiale span word ook toegelaat om ‘n A-span, B-span en Ontwikkelingspan in te skryf.   Dit is een van die min byeenkomste waar die ontwikkelingsatleet ook tot sy reg kom. Daar word weer vanjaar vir gestremdes atlete voorsiening gemaak. Hulle baanitem bestaan uit 400m en swem 50m.

Die Uitvoerende Burgemeester van Oudtshoorn, Raadslid Conal Sylvester – ook ‘n groot kampvegter vir sporttoerisme – gaan die byeenkoms Saterdagoggend open en alle belangstellendes word genooi.

Die Tweekamp vind Saterdag [Opening 07:30, hardloop begin 08:00] by die De Jager Sportkompleks plaas en direk daarna die swem by die NA Smit-swembad. Toegang is gratis! Vanjaar se aanbieders is die SWD in met die bystand van die veral WP, Boland en OP. Hierdie byeenkoms dra jaarliks miljoene by tot die ekonomie van Oudtshoorn.               

Vir enige navrae kan Dave van der Walt by 082-7734901 skakel.