SA REKORD VIR JOHAN WINDT OP KANGOGROTTE INTER.
TWEE SA REKORDS BY KANGOGROTTE TWEEKAMP
In die alreeds bekende hitte-weer van Oudtshoorn, het 7 provinsies [en 465 atlete] mekaar verlede Saterdag die stryd aangesê om te kyk wie is die beste span in die Suide van Suid-Afrika by die 24ste jaarlikse KANGOGROTTE/DCAS/GROTER OUDTSHOORN INTERPROVINSIALE BYEENKOMS. En om so vroeg in die seisoen alreeds te kan spog met twee nuwe SA rekords, wys van watter gehalte die byeenkoms is. Vanjaar is die byeenkoms aangebied deur SWD Tweekamp in vennootskap met WP Tweekamp.
Die hoogtepunt was voorwaar die twee SA rekords wat deur Adrian Taylor [S/15, WP – 2289] en Johan Windt [Meester Mans, SWD – 2409]. Dit was veral SWD se Johan Windt wat die toeskouers op hulle voete gehad het met sy 2:29,15 in die 800m en 36,21 in die 100m swem! Min mans bo 60 kan hom dit nadoen! In die mans Senior Veterane [50-59jaar] het Micheal Forbes van GRENS die byeenkomsrekord verbeter na 2352. Nie minder nie as 3 atlete het die 100m swem in minder as ‘n minuut afgelê – met Reinhard Haupt van SWD met die vinnigste tyd van 57.27.
Vir die eerste keer is ‘n item vir atlete met gestremdhede op die program ingevoeg en watter wonderlike ervaring was dit nie. Alle gestremde atlete het ‘n 400m om die baan en 50m swem voltooi voor ‘n pawiljoen vol staande toeskouers! Van SWD het deelgeneem Jafta McQuire, Minke Janse van Rensburg en Anthony Kitson. SWD Tweekamp nooi graag atlete met gestremhede uit om te kom deelneem.
Die spankompetisie is vanjaar deur WP gewen met 123219 punte, gevolg deur BOLAND 114441 en SWD met 86137 punte in die derde plek. Vierde was OP gevolg deur GRENS, VRYSTAAT en GRIEKWAS. Die top prestasies was:
Junior Victor Ludorem – GJ Badenhorst BOLAND; Junior Victrix Ludorem – Hannah Kiley SWD; Senior Victor Ludorem – Johan Windt SWD; Senior Victrix Ludorem – Liezel Wessels BOLAND.
SWD se medalje-oes was ‘n skitterende 13 – [6 goud, 4 silwer & 3 brons] Boonop het 3 atlete skitterende 4de plekke behaal. Die medaljewenners was:
Luca Potgieter S/9 2114 GOUD
Marnus Kotzé S/11 2115 BRONS
Johan Windt MM 2409 GOUD – SA REKORD
Eugene v d Merwe S/13 2353 GOUD
Trisha Pollicutte D/13 2306 GOUD
Kirsten Barbour D/13 2290 SILWER
Hannah Kiley D/15 2331 GOUD
Luné v d Westhuizen D/15 2281 SILWER
Chris van Wyk MV 2281 GOUD
Isabelle Brink DV 2208 BRONS
Mihan Roos JV 2223 SILWER
Reinhard Haupt S/17 2355 SILWER
Dylon van Wyk S/19 2141 BRONS.
Verdienstelike 4de plekke is behaal deur Luke Leggatt [S/11], André Kleynhans [S/15] en Yvonne du Plessis [D/17].
Vir enige navrae kan Dave van der Walt by 082-7734901 skakel.