Op Dinsdag 4 April 2017 het die Weskaapse Minister van Kultuursake en Sport, me Anroux Marais, R1 450 000 aan 36 Eden Sportfederasies oorhandig. Hierdie befondsing moet aangwend word vir administrasie, ontwilleking en kapasiteitsbou van elke Federasie.  Dit sluit egter nog nie die befondsing vir die Top Byeenkomste wat in die Eden distrik aangebied moet word nie. dit het verlede jaar ongeveer R750 000 bedra. Tydens die geleentheid is ook klere aan n paar sportklubs wat in die Klubontwikkelingsprogram is, oorhandig.