Die HIGHGATE SWD Tweekampspan het die afgelope Saterdag saam met WP, Grens, OP en Vrystaat, aan die 20ste OP Interprovinsiale byeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem. Die winderige toestande het die atlete nie juis afgeskrik nie en puik vertonings is alreeds vroeg in die seisoen gelewer. Die HIGHGATE SWD-span bring egter 12 medaljes terug en ending tweede na OP in die spankompetisie. Johan Windt word ook aangewys as die Senior Victor Ludorem van die byeenkoms.

Die medaljewenners was:
D/9 Lané Gouws Brons
S/11 Luca Potgieter Silwer
D/13 Trisha Pollicutte Silwer
D/15 Kirsten Barbour Brons
D/17 Bianca le Grange Silwer
D/17 Lara Schlechter Brons
S/17 André Kleinhans Goud
D/19 Cayla le Kay Brons
S/19 Dylan van Wyk Goud
Mans Jun Veterane Walter Lutsch Goud
Dames Veterane Tanya Osbourne Goud
Mans Meesters Johan Windt Goud [verbeter ook OP rekord]

Ander uitstekende prestasies is ook gelewer deur Marius-Hugo Schlechter [4], Ludick Muller [4], George Marais [4] en Gustav Schlechter [5].