TWEE SKITTERENDE SA REKORDS OP HIGHGATE TWEEKAMP!

Die 25e HIGHGATE/DCAS/Groter Oudtshoorn Munisipaliteit Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn, Saterdag 6 Februarie 2016, het weer vir prestasies uit die boonste rakke gesorg! Bo en behalwe die twee SA rekords, is tweekamp van hoogstaande gehalte deur die 7 provinsies [WP, BOL, SWD, OP, Vrystaat, Grens & Griekwas] se meer as 420 atlete gelewer – en dit in die kenmerkende 43° hitte wat Oudtshoorn sy besoekers welkom geheet het!

Die spankompetisie is vanjaar gewen deur BOLAND met 107179 punte, gevolg deur WP met 101465 en SWD met 82144 punte in die derde plek. OP [66149] was vierde.

Toni Rafferty [D/15] van OP het ‘n nuwe SA rekord van 2473 daargestel en Johan Windt [Meesters Mans] van SWD die Meesters Mans rekord na 2425 – een punt beter! Albei is ook ‘n nuwe byeenkomsrekords. Gustav Schlechter [S/15 – SWD] het ook ‘n nuwe byeenkomsrekord van 2289 opgestel. Ook Jenna Biddulph [D/11 – OP] se 2248 is ‘n nuwe byeenkomsrekord. Toni Rafferty is dan ook aangewys as die Junior Victrix Ludorem van die byeenkoms. Die Junior Victor Ludorem was Ruard van Renen [S/13] van WP, die Senior Victrix Ludorem Liezel Wessels [Dames Veterane] van Boland en die SWD se Johan Windt [Mans Meesters] die Senior Victor Ludorem.

SWD se medaljewenners was:
Gustaf Schlechter S/15 Goud
Juan Pretorius Junior Veterane Mans Goud
Chris van Wyk Veterane Mans Goud
Johan Windt Meesters Mans Goud SA Rekord
Lamé Gouws D/9 Goud
Yvette Borrett Veterane Dames Silwer
Walter Lutsch Junior Veterane Mans Brons
Lara Schlechter D/17 Brons
Marius Schlechter Senior Veterane Mans Brons

Ander puik prestasie is gelewer deur
Luca Potgieter S/11 4e
Ludik Muller S/13 5e
Tammy Greenwood D/11 5e
Bianca le Grange D/17 5e
Cayla la Kay Senior Dames 4e
Lorinda du Preez Junior Veteran Dames 4e
Tanya Osborne Veterane Dames 4e

In die wedloop vir Gestremde atlete word daar nie ‘n wenner aangewys nie maar elkeen wat klaarmaak [400m hardloop & 50m swem] het elkeen ‘n medalje ontvang!

Die volgende SWD Ligabyeenkoms is eerskomende Dinsdag 9 Feb 2016 om 18:00 in Mosselbaai by die Van Riebeeck Stadion [hardloop] en Laerskool Park [swem].