26 ontwikkelingsatlete en onderwysers het op Woensdag 11 Nov 2015 op Plettenbergbaai aan ‘n ontwikkelingskliniek deelgeneem. Afrigting in hardloop [Marius-Hugo Schlechter] en swem [Chris van Wyk] is aangebied en baie potensiaal is geidentifiseer. Die atlete het ook aan ‘n mini-byeenkoms deelgeneem. Die kliniek is aangebied deur SWD Tweekamp in vennootskap met die Weskaap Departement van Kultuursake & Sport en gereël deur Dave van der Walt [voorsitter]. CIA van George het ook sportklere geskenk wat aan die atlete gegee is.