Die 2017-seisoen van tweekamp in die SWD is Dinsdagaand ingewy met die tradisionele HISENSE DUBBELS-byeenkoms. Die kompetisie is besonders in die opsig dat twee atlete ‘n span vorm en dan doen elke atleet net een van die bene – of hardloop of swem. Elke atleet se punte behaal word dan saamgevoeg om die wenners te bepaal! Vanjaar het nie minder nie as 35 spanne deelgeneem. Besonders was ook die feit dat ‘n span van gestremde atlete ook deelgeneem het!

Foto’s aangeheg:

0292  – Al die spanne wat deelgeneem het

0321 – Die wenners: vlnr: Chris van Wyk en Llewellyn Viljoen [tweede]; Johans Windt en Elmé Viljoen [wenners]; Bianca le Grange en Francois Mqwassie [derde].

Eerskomende Dinsdag, 24 Januarie, vind die SWD Proewebyeenkoms op Oudtshoorn plaas waar die spanne wat aan die HIGHGATE-byeenkoms op 4 Februarie gaan deelneem, gekies gaan word.